bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices

Terme & Voorwaardes

In die gebruik van hierdie webwerf, www.slimkop.com, hierna verwys as Slimkop, of enige dienste in konneksie met bogenoemde webwerf, bind die gebruiker hom/haar self tot die terme en voorwaardes wat hieronder uitgele word.


Gebruiks voorwaardes:

Die gebruiker van die webwerf stem in, om die dienste slegs vir wettige doeleindes te gebruik. Die gebruiker is verbied, volgens die voorwaardes van die webwerf, om enige kriminele doeleindes te bereik of te probeer bereik deur gebruik.


Algemene ontkenning:

Die gebruiker neem kennis daarvan dat die gebruik van die webwerf op eie risiko is. Die eienaar, werknemers, diensverskaffer en geaffilierdes van Slimkop sal geen verantwoordlikheid dra vir enige skade of verlies van enige aard wat gelei word deur gebruik, of as gevolg van gebruik van Slimkop nie.


Wetlike operasie:

Slimkop word besit en beskikbaar gestel vanuit die Republiek van Suid Afrika. Die terme en voorwaardes word dus gereguleer deur die wette van die Republiek van Suid Afrika en die gebruiker stem in dat enige kwale onder die jurisdisie van die Hoofgeregshof van Witwatersrand sal onderdanig wees.


Kopiereg en gebruik van material:

Alle materiaal op Slimkop bly die eiendom van die skrywer daarvan. Slimkop behou egter die reg om enige materiaal wat op Slimkop gepubliseer word te publiseer sonder die toestemming van die skrywer. Deur enige materiaal op Slimkop te publiseer gee die skrywer die reg van publikasie oor aan Slimkop, altewel die skrywer die wettige eienaar daarvan bly. Slimkop behou ook die reg om enige materiaal te verwyder vir enige rede.


Advertensie en bemarkings regte:

Slimkop behou alleenreg om op die webwerf te adverteer. Enige persone wat ‘n advertensie van enige aard op Slimkop wil plaas moet toestemming kry by Slimkop voor die plasing van die advertensie. Indien sulke toestemming nie verkry word nie, is Slimkop geregtig om die advertensie te verwyder.


Oortreding van terme en voorwaardes:

Enige optrede wat in stryd is met die terme en voorwaardes van Slimkop mag vervolg word volgens wet.

bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices
bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices

© 2009 Slimkop.Vrae + Antwoorde = Kennis.

Kontak ons hier > Epos-adres:

Search